Gerry Adams

Gerry Adams
Gerry Adams
Gerry Adams in 2013

President van Sinn Féin
Ampstermyn
13 November 1983 – 10 Februarie 2018
Vise Mary Lou McDonald
Voorafgegaan deur Ruairí Ó Brádaigh
Opgevolg deur Mary Lou McDonald

Teachta Dála
Ampstermyn
Februarie 2011 – Februarie 2020
Voorafgegaan deur Arthur Morgan

LP vir Wes-Belfast
Ampstermyn
1 Mei 1997 – 26 Januarie 2011
Voorafgegaan deur Joe Hendron
Opgevolg deur Paul Maskey
Ampstermyn
9 Junie 1983 – 9 April 1992
Voorafgegaan deur Gerry Fitt
Opgevolg deur Joe Hendron

LP van die Noord-Ierse Vergadering vir Wes-Belfast
Ampstermyn
25 Junie 1998 – 7 Desember 2010
Voorafgegaan deur Nuwe pos
Opgevolg deur Pat Sheehan

Persoonlike besonderhede
Gebore 6 Oktober 1948 (1948-10-06)
Belfast, Noord-Ierland
Politieke party Sinn Féin
Eggenoot/-note Collette McArdle
Kind(ers) 1
Religie Rooms-Katolieke Kerk[1]

Gerry Adams (Iers-Gaeliese naam: Gearóid Mac Ádhaimh; 6 Oktober 1948) is 'n Noord-Ierse politikus en die voormalige leier van Sinn Féin, 'n Ierse politieke party wat Noord-Ierland met die Republiek van Ierland wil verenig.[2] Hy is ook 'n voormalige parlementslid vir Wes-Belfast. Hy het egter nie parlementsittings bygewoon nie, omdat hy nie Brittanje se gesag oor Noord-Ierland erken nie.

Weens sy bande met die Ierse Republikeinse Leër (IRL) het die Britse regering Adams jare lank verbied om na Engeland, Skotland of Wallis te reis. In die laat 1990's het hy egter met die Britse regering en ander Noord-Ierse politieke partye in gesprek getree om vrede in die streek te bewerkstellig. Die IRL het vyandighede in 1995 gestaak en in 2005 verklaar dat die oorlog verby was.

  1. "Gerry Adams admits he was not always 'in tune' with Jesus". The Daily Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 28 Januarie 2014.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search